Sy staan in die deur
sy kwyn
swart
alles pikswart
sy is oorstelp van smart
weg
sy was weg
nou het als in die vuur verdwyn
elke sentiment
elke erfstuk, elke herinnering
oomblikke van vreugde
tye van pyn
fotos van gister
als het verdwyn
in roet
swart warrelende roet
le oor die stoep
in die gang in die bad
eens was orals n mat
daar is nou n swart mat
oral op die vloere
ook in die bad.
Warrelende rook
vlamme wat verteer
was die hele huis deur.
Tot die arme papegaai
aai vrou aai.
Niks het hul oorgehou
trek n swart lap oor die dak
want n hele huis is in rou
Martina
Sunday, October 11, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)