Saturday, September 19, 2009

BEGEERTES


Ek staan kaal voor die spieel

en kyk na myself

draai al in die rondte

sien my hare my oe

my mond so volrond

my slanke nek,

bietjie te lank maar nou ja

niks om oor te kla.

Dan skuif my blik

na my borsies se wit

en donker sirkels.

Mooi en rond

is ek gebou

pragtig en gesond

my middel is so dun

my heupe lekker breed

my boudjies ook styf en rond

met groot voete,

maar dit hou my

stewig op die grond.

My bene is laaaank

en pragtig slank

mooi gevormde kuite

van fietsry en dansjolyte.

Ryp en reg vir my doel

om babas in my te voel.

Ek wag net vir n vlam

vir vuur deur my are

en jou vingers deur my hare.

Nou sit ek net en begeer

dat die liefde

vir my moet gebeur.

Martina

No comments:

Post a Comment