Thursday, September 17, 2009

IN JOU OE

Ons oe ontmoet vlugtig
dan kyk ons weer, met belangstelling
ons sien mekaar raak
hierdie keer.
Die kyk verdiep, n lig gaan aan
agter jou oe, ons kyk dieper
ons staar in mekaar se oe
ek voel jou oe streel my oe
dan beweeg dit stadig af
o so stadig af, oor my nek
my borste my liggaam
dit voel asof jou hande
jou oe se pad volg, oor my liggaam.
Ek voel in my gedagtes
hoe jou hande my liggaam streel
n magiese gevoel
dan keer jou oe terug na myne
en ek sien die belangstelling
ek voel die onuitgesproke belofte:
ons gaan mekaar binnekort weer sien
ons liggame gaan ons oe se streling
vervolmaak, deur ineen te strengel.
Martina

No comments:

Post a Comment