Thursday, September 17, 2009

BEHOEFTES

sedert adam en die vyeblaar
is n behoefte aan mekaar
altyd daar
n behoefte
om vas te hou, om te streel
om seerkry met mekaar te deel.
Ek voel die bheofte
om deur jou hande gestreel te word
om teen jou vasgedruk te word
om bemin te wor.
Die behoefte om te hoor
dat jy dieselfde voel
en dit uit jou hart te bedoel.
Hande wat mekaar washou
arms wat mekaar omvou
lippe wat mekaar streel
o so saggies so teer.
Hande wat mekaar se liggame leer
met respek, wild maar altyd teer,
want respek, maak nie seer.
Martina

No comments:

Post a Comment