Thursday, September 17, 2009

JOU HANDE

Hulle is groot
en tog sag
as jy oor my streel.
Jou duime speel
op my lippe
n tafereel
tergend, bo oor
heen en weer
glip dan binne toe
streel weer n keer.
Jou vingers streel my wange
omvou my gesig
lig my ken en begin dan
my ore verken.
En dan, as jy jou vingers
in my ore druk en jou tong
volg gewilliglik
staan ek lankal
nie meer onverskillig.
Dan gly jou hande om my agterkop
lig my nek op totdat ek jou soene
nie meer wil stop.
Jou hande terg my liggaam
as dit saggies verder streel
en jou tong volg
die tafereel.
Ek wil jou hande gryp
en styf om my boudjies vasknyp
tot ons een word
in die geheel
ek wil alles met jou deel.
Solank jou hande
net altyd bly streel
Martina

No comments:

Post a Comment