Ek kry hoendervleis
as jou hande saggies
oor my streel
en jou mond
soene by my steel.
Jou lippe myne verken
jou tande saggies daaraan knibbel.
Gaan aan ek sal nie teestribbel.
Dan volg jou tong
en verken my mond
so senutergend
asseblief gaan dieper in
my lief
gaan dieper in met jou tong
dat jou tong en myne
mekaar verken.
moenie ophou nie
dit smaak so goed
laat my na meer soek.
En as jou hande afsak
en my borste verken
my tepels omsirkel
jou mond daarna volg,
is dit nie net hoendervleis
tot my nekhare rys.
Jy mag maar verder gaan
met jou tong se verkenningsbaan.
Ek begin rillings kry
en vlinders in my maag
van lekkerkry.
Die afwagting bruis
opgewonde deur my.
Martina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment