Thursday, September 17, 2009

KALWERLIEFDE

Ek sien jou raak
werklik raak
ek voel iets in my ontwaak
iets wat altyd sluimerend in my was
ek voel n gloed
na my wange toe skuif
ek voel die hitte in my gesig
opstyg.
Ek sien jy kyk terug
ons oe ontmoet, haak vas
staar in mekaar
eers skugtig, kyk weg
kyk weer en weer
en nog n keer
ek sien dat jy ook bloos
ons is jonk, ons is broos
dan kry ek n briefie van jou
dit se dat jy
van my hou
en hoop jy sien my gou.
Die lug is skielik baie blou
die son nie meer so flou.
Wat het jy aan my gedoen?
die bome is skielik baie groen
en vlugtig en teer ons eerste soen.
Ek trippel deur die dae
met n sprankel, n lus vir elke dag
n vreugde wat net wil uitbars.
Ek wil op die dak klim
en aan die wereld uitskree
dat ons mekaar bemin.
Ek ontdek dat ek n liggaam het
wat aan meer as kos n behoefte het.
Ons loop en hande vashou
en gee nie meer om
vir die winter se kou
of om nat te reen.
Elke oomblik by jou is n seen
ander mense bestaan nie meer nie
ons soek slegs mekaar
en elke dag leer ons meer
en elke oomblik alleen word waardeer
tot ons n ander een ontmoet, volgende keer
Martina

No comments:

Post a Comment