Eens het jy my baie gesoen
jou vingers het my borste getroetel
hande het orals gevroetel
tyd was nie n faktor
energievlakke was hoog
jy het my laat uitreik
soos n gespanne boog
gevoer tot hoogtes so hoog.
Toe het ons getrou
en alles het verflou
nou is 5 minute te lank
en die bed soos n strykplank.
Jou mond soek nie meer my lyne
jy wil my nie meer in jou arms
toevou
jy se nie meer eks lief vir jou
en dit was so lekker
as jy my styf vashou.
Televisie en drankies
bevredig jou nou
met n bietjie afgeskeepte liefde
wat weke lank moet hou.
Liefde word op die agtergrond gestoot
vir n geswoeg na rykdom en
daelikste brood.
Martina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment