Liefde laat ons oe sprankel
ons lippe lag
ons harte bokspring
die bloed bruis deur ons are.
Sit n huppel in on stap
maak die son so helder
en die lug so blou
Die wereld word n mooi plek
vir my en vir jou.
Ek wil my arms oopsprei
sodat die liefde ingly
alles omhels
die dag inwals
heerlik lag vir n slag
voel as ek in jou oe staar
my hart se vesnelde polsslag
sensasie ervaar.
Ek is net suurdeeg
sout en meel
jou mond en hande moet
my brei en my streel
sodat ek kan uitrys
soos deeg, en oorborrel
van vreugde as jy
jou liefde met my deel
ons moet nooit ophou
om met mekaar te speel
Martina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment